Franse president is ongewild

Frankryk se president, François Hollande, se gewildheid het met minstens drie punte gedaal, wat hom die mees ongewilde president is wat die land nog ooit gehad het.

Die gegewens is bekend gemaak nadat ’n meningsopname gedoen is deur die land se Instituut vir Openbare Menings.

Hollande het nou slegs ’n 20% steun, wat selfs minder is as wat die voormalige sosialistiese president, François Mitterrand s’n was toe hy slegs 22% steun gehad het volgens ’n meningsopname.

Nicolas Sarkozy, die vorige president, se gewildheid het ’n laagtepunt van 28% bereik in April 2011.

Hollande se ongewildheid word toegeskryf aan sy swak bestuurstyl en absolute besluitloosheid.