Frankryk weereens afgegradeer

Frankryk se kredietwaardigheid is vir die tweede keer in minder as twee jaar afgegradeer.

Op Vrydag, 8 November is dit ‘n verdere een vlak af van AA+ tot ‘n gradering van AA.

Die graderingsagentskap, Standard and Poor’s, gee as rede vir die afgradering die onvermoë van die Franse regering aan, wat weens die hoë werkloosheid in die land, nie die probleem kan oplos nie.

Die regerende sosialistiese party se minister van finansies, Pierre Moscovini, se reaksie op die afgradering is dat die “onakurate” besluit betreur word en dat Frankryk se skuldposisie nog steeds een van die veiligste in die EU is.

Frankryk se algemene werkloosheid het in September op 11,1% gestaan met meer as 2-miljoen mense werkloos.

Die werkloosheid vir mense jonger as 25 jaar staan op 26,1%. Die algemene werkloosheid vir 2012 was 10,7% en vir 2011 was dit 9,8%.