"Ek gaan jou vigs gee."

Dít was die woorde van ‘n terroris wat ‘n bejaarde vrou van Winburg, in die Vrystaat, verkrag het.

Die terroris het verlede Saterdag omstreeks 00:30 die 78-jarige dame, wat ‘n hartprobleem het, in haar huis oorval, haar selfoon en R800 gesteel.

Sy makker het na bewering buite wag gehou.

Die terroris het toegang tot die huis gekry deur die deurklokkie te lui. Sy het gedink dit is haar 55-jarige seun, wat in die agterkamer bly en die aand uit was, wat teruggekom het en het die deur oopgemaak.

Volgens ‘n familielid het die man die vrou teen die kaste gegooi en haar mond en neus toegedruk en haar gesmoor as sy wou skreeu.

Die voorval het die dorp geruk en inwoners het later die middag bymekaar gekom om die vrou by te staan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.