Eise teen Dept. Gesondheid verhoog

Eise teen die Sentraal Transvaalse Departement van Gesondheid het vanjaar tot kort duskant die R4 miljard gestyg.

Die vorige boekjaar was eise ter waarde van R2,7 miljard deur dié Departement ontvang.

Meer as ’n duisend eise ter waarde van sowat R3,5 miljard was ten opsigte van mediese aangeleenthede en meer as 300 siviele eise is ingedien.

Gedurende die afgelope aantal jare het die Departement geen hofsaak gewen teen eisers nie, en al hoe meer eise word ingedien.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het aan Die Vryburger gesê dit is duidelik dat mediese versorging in Suid-Afrika baie vinnig agteruit gaan omdat die bestuur en kundigheid nie meer die standaard het van voorheen nie.

“Dit is deel van die totale verval in die land”, het sy gesê.