Einde van vigs

‘n Nuwe navorsingsverslag kondig aan dat dit die einde van vigs in Suid-Afrika en 15 ander Afrikalande is.

Wanneer die koers van nuwe MIV-besmettings in ’n jaar laer is as die koers waarteen nuwe pasiënte behandeling teen vigs kry, word dit as "die begin van die einde" gestel.

Dit blyk uit ’n navorsingsverslag van ’n internasionale organisasie genaamd One, wat hom beywer om armoede en voorkomende siektes op die Afrika-vasteland te bestry.

Suid-Afrika word in die verslag as ’n “sleutelland” uitgelig wat in die jare wat kom in sy stryd teen vigs dopgehou moet word.

Die verslag sê in 2002 was bykans 4,7 miljoen Suid-Afrikaners met MIV besmet met ‘n verdere 600,000 wat gedurende die jaar plaasgevind het. Feitlik niemand het behandeling gekry nie. Maar teen 2005 het die getal nuwe besmettings tot 518,000 afgeneem, terwyl die mense met MIV op 5,3 miljoen gestaan het en 152,000 met behandeling begin het.

Meer as 230,000 Suid-Afrikaners is verlede jaar weens vigsverwante oorsake dood.

Jan Fiskaal sê dit is opmerklik dat hierdie verslag, deur een of ander obskure organisasie statistieke soos water uit ‘n fontein laatdrup. In die jare tagtig toe die siekte hoofberigte behaal met skaars ‘n 1000 sterftes, het die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) dit reeds as ‘n pandemie bestempel.

Nou word die woord nie eers genoem nie. Intussen het iemand darem seker baie geld uit die hele storie gemaak en in vandag se lewe is dit mos die belangrikste.