Eiland van rommel

‘n Eiland bestaande uit rommel, so groot soos die staat Texas, het ontstaan uit die 2011 Japanese tsunami, en peil nou reg op die VSA af.

Vyf miljoen ton puin en rommel, veroorsaak deur die tsunami, afkomstig van verwoeste woonhuise, bote, motors en ander oorblyfsels uit die ooste van Japan, is op daardie dag in Maart opgeslurp deur die oseaan.

Hoewel die eerste rommelstukke reeds in en om Kalifornië ontdek is, vrees wetenskaplikes vir dit wat nog voorlê.

Wetenskaplikes kan nog nie met sekerheid sê wanneer die rommelveld wat, afgesien van die digte eilandgedeelte, verstrooi is tussen Alaska en die Phillipynse eilande, uiteindelik die VSA gaan bereik nie.