Eienaars betaal nie vir berging

Die eienaars van die plesierboot, die Miroshga, wat meer as ’n jaar gelede by Houtbaai van totale sinking gered is, en uiteindelik aan die eienaars terug gegee is, het nou nog nie die rekening vir die berging vereffen nie.

Streeksbestuurder, kaptein Dave Colly, van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samvo), wys daarop dat die boot aan die drie eienaars, Strauss, Louw en Patherterug besorg omdat daar nie mees spasie in die hawe was vir gebergte bote nie.

“Die belastingbetaler het nou vir die bergingskoste betaal,” het Colly gesê.

Die plesierboot het in Oktober 2012 in ’n erg onstuimige see gekantel, en twee mense van die sowat 40 aanboord, het verdrink.

Foto – Houtbaai