E-tol se baas bedank

Die baas, of hoofamptenaar, Salahdin Yacoubi, van die firma Electronic Tolling Collection (ETC), het onverwags sy bedanking ingedien.

Tot hede is geen definitiewe redes bekend vir die drastiese stap, wat onverwags gekom het nie.

ETC, ’n filiaal van ’n Oostenrykse e-tolmaatskappy, is in 2009 gestig met die uitsluitlike doel om te help met die insameling van tolgeld op die snelwee in Sentraal Transvaalse gebied.

Dit is redelik wyd bekend dat die massiewe taak, nie maklik in ’n land soos Suid-Afrika uitgevoer kan word nie, hoofsaaklik weens die misdaad wat ongekende hoogtes bereik het op haas elke vlak van die samelewing.

Die Nasionale Padagentskap (Sanral) het bevestig dat hulle kennis ontvang het van Yacoubi se bedanking.

Volgens Sanral sal dit geen uitwerking hè op die kontrak met ETC nie.