E-tol – jy sal vervolg word

Mense wat gaan poog om e-tol betalings te ontduik, sal beslis vervolg word, sê Dipuo Peters, die Minister van Vervoer.

Hierteenoor het motoriste en instansies soos die AA, vasgeskop teen betaling van die uiters omstrede stelsel, en is motoriste weereens versoek om nie gehoor te gee om e-tol skyfies aan te skaf nie.

Cosatu se geskorste hoofsekretaris sê uitdagend dat “ons verenig, ons weier om te betaal, en laat ns sien of die regering die vermoë het om drie miljoen motoriste te arresteer wat die hoofweë aanhou gebruik sonder om te betaal.

Sanral probeer mense “bang praat” met foefies soos “geen kortings sonder e-tol skyfies nie, en dat vervolging moontlik is.”

“As jy nie oor ’n e-skyfie beskik nie, gaan jy nie kortings kry nie, en moet jy binne sewe dae  betaal. Indien jy nie betaal nie, begin ons met ’n proses van skuld invordering. Dan sal verskeie fakture aan jou gestuur word,  as jy dan  ná ’n tyd steeds nie betaal het nie, gee ons die saak oor aan die owerhede, en hulle sal dan aan jou ’n dagvaarding stuur om in die hof te verskyn, soos met die ou verkeersboetes, het Peters gesê.

“Ek dink mense is nou al so keelvol, hulle kan besluit om glad nie te betaal nie,” het Duvenhage van Outa gesê.

Greame Scala, ’n AA-woordvoerder, het in ’n verklaring die motoriste aangeraai om nie e-skyfies te koop nie. Moet onder geen omstandighede ’n debietorder teken nie, want dit is ’n blanko tjek aan Sanral om tariewe na willekeur op te stoot.

Ondersoeke dui daarop dat e-tol skyfies nie verkoop word sedert die Minister se aankondiging nie. By die verskillende verkoopspunte het verslaggewers gaan kyk wat gaande is, en bitter min mense besoek die e-tol stalletjies.

Die tariewe vir e-tol wissel van “oorbrug” maar die sogenaamde Barbet e-tol brug naby die proefplaas by Pretoria, sal R3 beloop vir motoriste waarvan die e-tol skyf geregistreer is. E-tol skywe wat gekoop, “maar nie geregistreer is nie”, sal glo R5.80 moet betaal, terwyl iemand wat nie ’n e-skyfie besit nie, R17 moet betaal.

Dit verklaar gedeeltelik waarom motoriste nie bereid is om skyfies te koop nie, en ook nie bereid is om die “rekening” te vereffen nie.

Kenners meen die R17 gaan nie genoeg wees om die invorderingskoste te verhaal nie, en dit gaan vir Sanral die dood in die pot wees.