E-Tol begin

Die ANC se e-tol sal op 3 Desember in Sentraal Transvaal in werking tree, en die regime het weereens waarskuwings en vermanings uitgedeel aan motoriste met die bedoeling dat die 1,4 miljoen onverkoopte e-tol skyfies bemark moet word. Tot hede is sowat 2,1 miljoen skyfies vervaardig, wat beteken dat hoogstens 700,000 oor die afgelope tyd verkoop is waarvan ’n deel glo oor ’n aantal jare vir gewone tol-hekke gekoop is.

’n Woordvoerder van Sanral beweer dat sowat 600,000 skywe verkoop is

Sanral beweer als is in plek om te begin, terwyl kenners meen daar is nie genoeg huiswerk gedoen wat sekerheid bied dat die stelsel glad sal verloop nie.

Sowat R40 miljoen is spandeer om die stelsel te adverteer en bekend te stel.

Dit blyk dat die regering paniekerig is oor die hele aangeleentheid en werp nou alles in die stryd om die stelsel in werking te kry.

Die TV word ook ingespan om kykers aan te moedig om e-tol skyfies te koop, en is daar glo in programme soos “Sewende Laan” sommer inbreuk gemaak om mense weer bewus te maak van die skyfies.

Daar word ook baie klem gelê op die feit dat motoriste wat nie oor ’n skyfie beskik nie, veel duurder gaan betaal as diegene wat wel ’n skyf het.

Waarnemers meen dat die pos van rekeninge heelwaarskynlik die grootste gemors is waarmee die regering opgesaal gaan sit.