Duisende werklose plaasarbeiders

Werkverliese in die landbousektor het drasties toegeneem sedert die onrus, wat deur vakbonde aangeblaas is, om die landbou te destabiliseer en onrealistiese looneise te stel.

Volgens SA Statistiek het die aantal plaaswerkers se getalle in die eerste kwartaal met 27,000 gedaal na die regering die minimum loon met 52% verhoog het.

In die derde kwartaal het die getal nog verder gedaal met ’n vêrdere 6,000 werkers wat werkloos geraak het.

Die die meeste van die verlore poste is vir permanente poste.

Op navraag het ’n landbou woordvoerder aan Die Vryburger gesê dat dit die begin van meganisasie in Suid-Afrika is wat daartoe lei dat duisende poste afgeskaf is weens die regering se lone beleid.

“Ons kan verwag dat daar jaarliks derduisende poste verlore sal raak omdat boere die verhogings nie sal kan bybring nie, en meganisasie die oplossing is vir die probleem, het hy gesê.

Hy sê ook dat plaaswerkers wat verkies om na vakbonde te luister, maar die gevolge van hulle stakings en vandalisme moet dra.