Droogte in Vrystaat lei tot diefstal

Tsamaelo Montsi (68) is in die swart woongebied inaby Clocolan in die Vrystaat, in hegtenis geneem weens die besit van veevoer wat op sy bakkie gevind is.

Hy het sowat 14 sakke veevoer in sy besit gehad wat klaarblyklik nie aan hom behoort nie.

’n Polisie woordvoerder sê Montsi is vasgevat nadat inligting ontvang is dat hy gesteelde veevoer op sy bakkie het.

Mnr. AJ van Rooyen, Clocolan-landbouvereniging se voorsitter sê die soort van diefstal verwag kan word weens die geweldige droogte.

Die Suid-Afrikaanse Weerburo in Bloemfontein voorspel die moontlikheid van sterk donderbuie in die Vrystaat en ook in die Noord-Kaap, wat egter eers in die tweede helfte van November verwag word.