Donald Trump laat hare waai.

Die magnaat Donald Trump het oorlog verklaar teen ‘n beoogde aflandige windplaas wat kwansuis die uitsig vanaf sy luukse gholfbaan aan die kus van Aberdeen sal bederf.

Die Skotse regering het in Maart goedkeuring gee vir die windplaas, wat in Aberdeen-baai aan die noordooskus van Skotland opgerig gaan word.

Trump International Golf Links en The Trump Organisation vra die hof om dié besluit as onwettig te verklaar en daag ook die besluit uit dat ’n openbare ondersoek nie na die windplaas gehou gaan word nie.

Trump dreig dat hy planne vir ’n hotel en vakansiehuise by die gholfoord gaan skrap as die European Offshore Wind Deployment Centre voortgaan.

Sy beoogde gholflandgoed is op een van die mooiste uitsoek areas langs die Aberdeenkus. En die rede waarom die kusgebied goed opgepas word, was omdat die landelike inwoners dit goed bewaar het en nou wil hy dit vir persoonlike wins uitbuit.

Die inwoners wil weet wat is natuurlik aan ‘n gholfbaan, dis net so ‘n mensgemaakte ding soos ‘n windplaas.

Foto – Donald Trump