Die Hamer en sekel vrek!

Minister Nathi Mthethwa sê hy het nie bedoel die media mag nie die huis van die land se president sien, of foto’s daarvan versprei nie.

Die vinnige ommekeer volg klaarblyklik nadat die minister daarop gewys is dat die woning reeds op die internet sigbaar is vir miljoene mense om te sien.

Hy sê die bedoeling was om mense, en veral die media te vermaan, om nie die “sekerheidsaspekte” te versprei nie.

Een waarnemer het opgemerk dat die hamer en die sekel gelukkig gou gevrek het!

Foto – Nathi Mthethwa