Denel se Badger in produksie

Denel se nuut ontwerpte Badger-gevegsvoertuig is ’n familielid van die Ratel wat alom bekend geword het vir sy formidabele vermoëns.

Die Badger beskik oor baie eienskappe wat by die groter tenks gevind word, en gaan nou deur die SA Weermag in gebruik geneem word.

Die nuwe ontwerpte voertuig is bedoel om steun te gee in vredesoperasies en offensiewe operasies.

Die Badger, wat sowat 28 metrieke ton weeg, sal mettertyd die Ratel vervang.

Hy is aansienlik ligter as sy voorganger, maar is ligvoet beweeglik, en kan maklik vervoer word as dit per vliegtuig gedoen moet word.

Die Badger kan afgevuur word terwyl dit in beweging is, en beskik oor ’n besonder akkurate afskiet meganisme.

Sowat 250 eenhede gaan gebou word teen ’n beraamde koste van R10 miljard, en die eerste eenhede sal in Oktober 2015 beskikbaar gestel word.

Die ontwikkeling van die Badger het sowat R1,5 miljard beloop.