Die vêr-linkse DA se verskoning dat hulle mislei is met die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming, is ’n foefie, en beïndruk geen regdenkende nie.
Dit is die mening van talle waarnemers en kenners oor die jongste uitlating dat die DA mislei is oor die aangeleentheid.
“Niemand glo die “mislei” storie van Zille nie, en ons beskou dit net as taktiek van misleiding van die vêr-linkse party,” het ’n woordvoerder van die Verkennersbeweging gesê.
Die party van Zille het in die Nasionale Vergadering (NV) sy steun gegee aan die wetsontwerp tydens ’n stemming.
Nadat Tony Leon daarop gewys het dat die Zille-party net soos die ANC is, is die steun “herroep” omdat “hulle mislei” was.
Kenners meen dat dit ’n teken is van uitermatige swak leierskap, en boonop spreek die optrede van ’n party wat beginselloos is.
Ek is nie ‘n politiekeontleder nie, maar vermoed dat hierdie “strategiese” misleiding in hul gesig gaan ontplof?
Die hartseer is dat hierdie sirkus juis tekenend geword het van moderne ‘demokratiese’ politiek.
In die 1920’s (as ek reg onthou) het ‘n marxis reeds parlementere demokrasie beskryf as die proses waardeur politieke partye verkies word op grond van lee beloftes (wat hulle uit die staanspoor ‘belowe’ wetend hulle gaan niks doen nie) om dan 4 jaar lekker te lewe op openbare geld;
Jaar 5 word gewoel en werkskaf om weer verkies te word, met enkele ‘broodkrummel’-inisiatiewe.
So herhaal die siklus homself, met opposisie eintlik niks anders as eiebelang nie.
En die tragiese is hoe hele nasies klokgewys daarvoor val …
Pieter, Hierdie artikel van jou is belaglik. Moenie ander koerante se snert hier kom sit nie.
En die ironie van die hele storie is dat dit waaroor die bohaai gaan in die DA se grondwet geskrywe staan nl dat hulle ten gunste van Gelyke Indiensneming is!