Cosatu waarsku Numsa

Die president van Cosatu, S’dumo Dlamini, het ’n ultimatum aan die National Union of Metalworkers (Numsa) gestel om ondergrawing van Cosatu te staak.

Tydens die kwartaallikse vergadering van die vakbondfederasie se sentrale uitvoerende komitee het Dlamini vir Numsa daarvan beskuldig dat hy besig is om uit Cosatu weg te breek, maar sy meerderheidsposisie misbruik om Cosatu kort voor die verkiesing volgende jaar van koers te dwing oor politieke strategie.

Hy het Numsa voor ’n ultimatum gestel om dit te staak. Gerugte doen die rondte dat die ander vakbonde Numsa uit Cosatu wil skors. Castro Ngobese, woordvoerder van Numsa het gesê dis duidelik uit die toespraak dat Dlamini poog om saam met Blade Nzimande en Gwede Mantashe, hoofsekretarisse van onderskeidelik die SAKP en ANC, om Numsa uit Cosatu te probeer dryf.

Hy meen ook dat die SAKP se invloed in Cosatu heeltemal oordryf word, maar dat dit is omdat hulle Cosatu misbruik as ’n politieke voertuig vir loopbaanbevordering.

Numsa hou in Desember ’n spesiale kongres om onder meer sy voortgesette lidmaatskap van Cosatu te bespreek.

Van die ander vakbonde, onder wie die National Union of Mineworkers (NUM), meen dit sal beter wees om Numsa te skors voordat hy in elk geval padgee. Numsa se weiering om aan Cosatu se veldtog teen die e-tolstelsel deel te neem word beskou as moontlike gronde vir skorsing.

Foto – S’dumo Dlamini