Comair se aandele fout

Comair het erken dat daar twee foutiewe aankondigings oor groot aandeeltransaksies gemaak is nadat hul aandeelprys op ’n stadium 15% hoër was, as gevolg van beweerde aankope.

Die groep het aangekondig dat Atul Gupta, van Gupta-faam, sowat R68,4 miljoen se aandele in Comair gekoop het.

Comair het in ’n amptelike aankondiging bekend gemaak dat Atul Gupta 22,794 miljoen aandele teen R3 elk gekoop het, wat ’n belang van minder as 2% in die groep verteenwoordig.

Comair bedryf British Airways en Kulula.com in Suid-Afrika.

Die groep het daarna aangekondig dat nóg ’n Comair-direkteur, Ronnie Ntuli, R17,3 milijoen se aandele gekoop het.

Die foutjie is later ontdek, en die groep het gesê die verklaring moes eintlik lees dat Gupta en Ntuli die aandele verkóóp het.

Die aandeleprys wat toe reeds op 340 sent gestaan het, het onmiddellik terug geval na 310 sent per aandeel.