Christen of Gelowige?

Geagte Redakteur

Na aanleiding van die anc se uitlatings rakende die Drie Eenheid maak daar nou meer dinge vir my sin.

Twee of drie jaar gelede het die RGN statistieke uitgebring waarin daar bevind is dat 90% van alle persone wat ‘n Salaris ontvang oop is vir korrupsie en dit met anderwoorde goedkeur.

Dit mag verskriklik klink, maar na die week se uitlatings dat 78% van die landsburgers en anc Christenne is, bring dit my by my siening uit.

Daar is ‘n defenitiewe verskil tussen ‘n Christen en ‘n Gelowige, ‘n christen het al gehoor van Christus maar ken Hom nie en ‘n Gelowige ken Hom en stap die pad saam met Hom.

So  vir my volgens die RGN se bevindinge is daar dus net 10% Geloweges in hierdie land en dis daarom dat die anc sulke uitlatings kan maak ,want hulle het al van Christus gehoor maar ken Hom beslis nie en net soos hulle, sal die ander 90% burgers van hierdie land ook eendag uitvind wat die verskil is tussen ‘n Christen en ‘n Gelowige.

Ek doen ‘n beroep op hierdie 10% burgers dat ons tot GOD ingebed sal tree om op Sy tyd vir ons uitkoms in hierdie mooi land van ons te gee, waar is die dae heen dat ons alle winkels ens gesluit het om saam te kom en te bid vir reën en bevryding, nee ons loop eerder Sondae in winkel sentrums rond en sit langs die sportvelde van die wêreld as om vir een uur aan die God van ons land af te staan.

Dankie

Gelowige kind van God