Byekolonies vernietig

Wetenskaplikes probeer al ‘n paar jaar lank om ‘n oplossing vir die vernietiging van byekolonies te vind. ‘n Vreemde siekte het ongeveer 10 miljoen byekorwe in Amerika oor die afgelope ses jaar vernietig. Die waarde op word op $2 biljoen bereken.

Wetenskaplikes verbonde aan die Universiteit van Maryland het tot die gevolgtrekking gekom dat die rede in ‘n "heksebrousel" is, bestaande uit plaag- en fungidoders wat die stuifmeel vergiftig wat deur bye ge-oes word om hulle korwe te voed.

Die navorsers het stuifmeel van ‘n korf ontleed en bevind dat dit ‘n dodelike brousel van tussen 9 en 21 dodelike gifstowwe bevat het. Die studie het ook bevind dat bye wat van hierdie vergiftigde stuifmeel ingeneem het, nie weerstand teen parasitiese infeksies gehad het nie.

Soos gewoonlik word die vingers nou weer na die boere gewys en word daar oproepe gedoen dat strenger regulasies ingestel moet word. Maar daar word nie iets gesê teen die skatryk multi-miljard maatskappye wat hierdie gifstowwe aan die boere verkoop nie.

Die ergste van alles is dat die navorsing wat gedoen is, is op korwe gedoen van bye wat nie in lande was nie, maar stuifmeel en nektar versamel het in die oop veld en wilde blomme.

 


 

.