Brit en Rus in RSA hofgeding

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal moet beslis wie is reg tussen ’n Brit en ’n Rus wat in ’n hewige stryd gewikkel is oor sowat R60 miljoen se eiendom in die Wes-Kaap.

Die Britse eiendomsmaatskappy, Chesterfield Group Holdings (CGH) het ’n interdik gekry dat die Rus, Paul Viktor Klimashoff, nie van die Wes-Kaapse eiendomme verhandel wat moontlik in sy naam geregistreer is nie.

Die eiendomsmaatskappy het die hof ook gevra om die Rus te sekwestreer.

Klimashoff, oorspronklik van Rusland, woon in Suid-Afrika en het Suid-Afrikaanse burgerskap sedert 1991.

Die optrede teen die Rus spruit, volgens hofstukke, uit die feit dat hy as enigste direkteur van die eiendomsmaatskappy se tak in die RSA aangestel is, en nou probeer om die aandelekapitaal te kaap.

Die Rus ontken dit heftig, terwyl beweer word dat die beweerde oorname reeds in Augustus 2011 aan die lig gekom het.

Toe het die Maatskappy ’n forensiese oudit van die plaaslike tak gedoen en besef die Rus, Klimashoff, is miljoene Rand verskuldig aan die Maatskappy.

Die eiendomme wat blykbaar nou in gedrang is, sluit in die plaas Zandberg, waarde sowat R40 miljoen, Kastele buite Knysna ter waarde van sowat R35 miljoen, ’n ander plaas naby Smitswinkelbaai, wat bereken word teen R19 miljoen