Brand S.A. wil mededingendheid verhoog

Meer as 200 hoë profiel afgevaardigdes kom op 5 November by die Gallagher Convention Centre in Midrand byeen om iets te probeer doen om Suid-Afrika se internasionale mededingendheid te verhoog.

Afgevaardigdes sluit staatsamptenare, etlike ministers, sakeleiers, akademici, persone uit die arbeidswese en ander burgerlikes in.

Die seminaar, onder die naam Brand South Africa, sal aan verskeie sake aandag skenk, waaronder die implimentering van die steeds ontwykende Nasionale Ontwikkelingsplan (“National Development Plan”), wat lankal deur die staat aangekondig was, maar nie aan die gang kan kom nie.

‘n Woordvoerder van Brand South Africa het die regime se woorde herhaal dat die bereiking van die ideale wat gestel word, elke inwoner van die land se plig is en dat hulle hulle daartoe moet verbind.

Tot nou toe het die regime nie self die voorbeeld met die nodige erns gestel nie en ly die land se ekonomie aan die gebrek aan die nodige erns om stakings te vas te vat, belemmerende inmenging in die ekonomie te stop en vrye ekonomiese mededinging tussen alle inwoners op ‘n gelyke grondslag toe te laat.