Boere ly miljoene Rand skade

In die Ceres distrik, Wes-Kaapland, het vrugteboere ’n beraamde R220 miljoen skade gekry toe ’n verwoestende haelstorm appels en peer bome met hul vrugte sodanig beseer het dat dit nie vir normale bemarking gebruik kan word nie,

Die meeste van die vrugte wat deur die hael beskadig is, sal nou versap word, maar die prys wat die boer daarvoor kry is hoogstens 20% van wat gesonde vrugte op die winkelrak vir die produsent inbring.

Die distrik is bekend vir sy groot bydrae tot die ekonomie met sy landbou produksie wat meer as R3 miljard per jaar beloop.

Boere in die distrik van Witzenberg wat Ceres, Wolseley, Tulbagh en die Koue Bokkeveld se oeste is sodanig beskadig dat daar tot 100% skade is, terwyl enkele plase ’n 40% skade opgedoen het.

Die skade het ook ’n invloed op die seisoenwerkers wat deur boere indiens geneem word.

Van die bykans 17,000 werkers sal daar na verwagting nie meer as 5,000 indiens geneem word nie.

Boere in Suid-Afrika het gewoond geraak daaraan dat die ANC regering nie hulp verleen aan boere wat skade opdoen weens natuurrampe nie.