Boeing ondervind nog probleme

Die “Dreamliner-vliegtuie” verseker jou van geen droom-reis nie, want die erge probleem met sy battery sisteem is nog nie opgelos nie.

Hierdie keer is dit ’n vliegtuig van Japan Airlines met hulle Boeing 787 “Dreamliner” wat vanaf Finland op pad was na Tokio, toe die waarskuwingslig aandui dat daar fout is met die battery.

Dié stelsel is aan die vliegtuig se kragstelsel gekoppel om wanneer nodig, hulp te verleen.

Gelukkig was die tuig se krag steeds binne aanvaarde grense, en het die vlug moeitevry in Tokio geland.

Al die Dreamliners is vroeër vanjaar verbied om in die lug te gaan, nadat ’n brand aan boord van ’n Japan Airlines-vliegtuig uitgebreek het.

Gedurende Oktober is ’n Japan Airlines-vlug gestop, net nadat dit opgestyg het van Moskou se lughawe, en moes terug draai omdat die toilette nie spoel nie.