Blankes welkom by Malema-party

’n Woordvoerder van Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) meen dat blankes welkom is in sy beweging.

Dit het ene Omphile Maotwe, ’n EVV woordvoerder wat die Mooiplaas plakkerskamp besoek het, gesê aan die inwoners.

Tydens ’n optog vroeër die dag na die Uniegebou, waar joernaliste toegelaat is saam met inwoners van die Mooiplaas plakkerskamp, is blanke joernaliste uitgejou deur die lede van Malema se EVV.

Die polisie en metropolisie wou keer dat die optog plaasvind, maar ontstoke inwoners, van Mooiplaas het die polisie met klippe bestook.

Die polisie het gereageer deur met rubberkoeëls op hulle los te brand. Vier EVV-lede is in hegtenis geneem.

Dit is bekend dat Malema met liedjies die blankes se bloeddruk laat styg het en is later die swye opgelê deur ’n hofbeslissing.