Betaal met drank

In Nederland word ’n klomp drankverslaafdes in die werk gesteek deur hulle te verplig om die strate skoon te hou, en daarvoor word hulle met bier betaal.

Die klomp alkoholiste is glo ’n ergernis vir inwoners omdat hulle gedurig raas, skeltaal gebruik, baklei en liederlike opmerkings maak teenoor vroue in die openbaar.

Die stadsowerheid het besluit om die Reënboog-stigting, ’n skoonmaak projek, in beheer te plaas om die drankverslaafdes besig te hou, en hulle dan te vergoed met vyf biere, ’n pakkie tabak, en R130 per dag, vir die werk wat hulle doen.

Die projek is ’n poging wat daarop ingestel is om hulle uit die moeilikheid te hou.