Bedrieër skenk "vredespilare"

Die Skatryk Indiër, Ishwar Ramlutchman van Natal, is blykbaar met R500,000 beboet weens korrupsie en bedrog, kort nadat hy sogenaamde “vredespilare: aan Bloemfontein se Metroraad geskenk het.

Hy is glo op 21 aanklagte van bedrog en 1 van korrupsie aangekla omdat hy die Natalse Departement van Openbare Werke met vervalste dokumente bedrieg het om tenders te verkry.

Ishwar is die stigter en die president van die “Sivananda-stigting vir Wêreldvrede” waarvan Nelson Mandela en Ian Player twee beskermhere is.

Dié Stigting wil oral “vredespilare oprig om vrede en harmonie te simboliseer”, terwyl misdaad elke dag verder toeneem.

In Bloemfontein wil hulle een “vredespilaar” op die bekende Naval Hill oprig, en nog een by ’n Wesleyaanse kerk, geboorteplek van die ANC.

Na wat berig word het Ramlutchman in Oktober in die handelsmisdaadhof voor landdros Nalini Govender verskyn, maar  het voor vonnisoplegging skuld erken op al die aanklagte, waarna op sekere van sy bates beslag gelê is, wat ’n klomp eiendom en ’n vloot motors insluit.

Ramlutchman het glo vals inligting oor tenders ter waarde van R52 miljoen verstrek, wat ook insluit vervalste kwalifikasies, finansiële state en voltooide projek-inligting.

Waarnemers is bekommerd oor die plasing van sogenaamde “vredespilare” wat direk in stryd is met die Bybel.

Een briefskrywer vra of Suid-Afrika, wat veronderstel is om ’n Christelike bevolking te huisves, nou terug is by die tyd in die Ou Testament toe die goddelose konings die een klippilaar ná die ander vir Baäl laat oprig het?

Die God werklike vrede kan gee, verag sonpilare, klippilare of enige ander beeld of gelykenis, word gesê.

“Ons het altyd sendelinge gestuur om die Oosterling tot bekering te lei, maar nou kom hulle met ‘n sogenaamde “gebed seremonie by ‘n pilaar” en die Christendom buig vinnig saam met hulle, het hy gesê.