Barbare veroorsaak slagting

Mnr. Hennie Cronje, ’n bekende boer van Reitz in die Vrystaat, moes staan en net kyk na 20 van sy dragtige ooie, wat keelaf gesny is.

Mnr.Cronjé boer op die plaas Beta, en was verlede Sondag met sy familie op pad na die kerkdiens op die dorp.

Dit is toe dat hulle op die afgryslike toneel afgekom het.

Drie van die skaap karkasse is weg, maar 20 is op die plek gelos waar hulle keelaf gesny is.

’n Emosionele Cronjé sê die feit dat sy skape net keelaf gesny is en so gelos is, vir hom erg genoeg is.

Hy sê dit is die eerste keer dat so iets op sy plaas gebeur het, alhoewel daar van tyd tot tyd ’n skaap of twee gesteel word.

Die skade is ongeveer R40,000.

’n Woordvoerder van georganiseerde landbou sê dat sulke voorvalle sterk herinner aan die dae toe grensboere van die Oos-Kaap moes trek om dieselfde rede.