Bangmaak taktiek

Sanral moet baie bekommerd wees oor die moontlike weerstand teen sy e-tolling wat op motoriste afgedwing word.

Eers was dit sy aankondiging dat daar spesiale howe ingestel gaan word op motoriste wat nie in sy stelsel ingedwing kan word nie, daarna was dit onredelike en onpraktiese betalingsvereistes op motoriste wat nie van die tollenaar se skyfies gebruik maak nie.

 

Die nuutste is dat e-tol voertuie die paaie gaan kontroleer om moontlike nie-betalers van e-tol te identifiseer om te vervolg.

Om die ligte e-tol afleweringsvoertuie se optrede fatsoenliker te probeer maak sal die voertuie se kameras, wat teen sy deurskynende agterkant gemonteer sal word, ook gebruik word om spoedoortreders vas te vat.