Baie dokters vir Mandela

Winnie Mandela het glo gesê dat Mandela se kamer waar hy versorg word, toegerus is soos ’n hoësorgeenheid van ’n hospitaal.

Sy het ook bekend gemaak dat 22 dokters omsien na sy gesondheid in sy huis in Houghton, Johannesburg.

Mandela kan glo nie meer praat nie, maar “kommunikeer met sy gesig” omdat pype in sy mond is wat die vog van sy longe moet verwyder.