Australië sê nee vir sosialisme.

Australië se Federale Kabinet het geweier om vir verdere bydraes of belastings te teken vir die wêreld spitsberaad oor klimaatverandering.

Hierdie is ‘n beduidende verharding van hulle standpunt terwyl hulle beplan om binne dae die koolstofbelasting te skrap.

Kabinetsministers het besluit om alle "sosialisme wat as omgewingsbewaring" maskereer, te verwerp.

Die dokument wat aan die spitsberaad in Warskou voorgelê word, sê dat hoewel Australië ‘n "goeie internasionale burger bly" en "steeds verbind is om die 5% vermindering in koolstofgasse teen 2020 te bereik, sal dit nie betrokke raak in nuwe ooreenkomste wat nuwe belasting of uitgawes sal behels nie."

Hierdie maatreël sal verhoed dat Australië sal deel in ‘n herverdeling van welvaart van vermoënde lande na ontwikkelende lande om hulle te betaal om hulle koolstofuitlaatgasse te verminder.