ANC wil uitstallers beroof

Groot ontevredenheid heers onder buitelandse uitstallers wat by die grootste Lugskou en wapenskou in Afrika, vir etlike jare reeds betrokke is.

Dit vind plaas binne twee weke na besprekings gedoen is om uit te stal by die groot gebeurtenis, toe dit bekend geword het dat buitelandse uitstallers tussen 4 en 8 keer meer moet betaal as binnelandse uitstallers.

Daar is geen verskil in uitstal ruimtes nie, en dit maak buitelandse uitstallers wantrouig om voort te gaan met besprekings.

Die “Africa Aerospace & Defence” (AAD) word tweejaarliks by die Waterkloof Lugmagbasis gehou.

Een vervaardiger het gesê dat hulle deesdae die rieme fyn sny om kop bo water te hou, en nou word daar ’n “swaard oor hulle kop gehou” om wel deel te neem aan die uitstalling, te midde van die onrealistiese hoë tarief.

“Dit wek die indruk dat buitelanders die binnelandse vervaardigers moet subsidieer om deel te neem aan die skou, het ’n woordvoerder gesê.

Die tarief-lys toon dat dit  sowat R1,700 kos om ’n ligte vliegtuig uit te stal, maar buitelandse uitstallers moet sowat R18,000 vir dieselfde ruimte betaal.