ANC se invoer-kopseer

Swak gehalte onderdele vir voertuie, nagemaak en goedkoop in prys, is aan die orde van die dag –  en die taxi-bedryf floreer daarop.

Die kopseer is egter dat remblokkies en talle ander onderdele wat uit Oosterse lande ingevoer word, hoegenaamd nie aan die standaarde voldoen wat deur motorvervaardigers vereis word nie.

Dit het tot gevolg dat duisende voertuie in die land toegerus is met onderdele wat waarskynlik bydra tot die hoë ongeluksyfer in die land.

Die ANC-regering is hiervoor aandadig aangesien hulle ooreenkomste aangaan met dié lande, en ook toelaat dat sulke minderwaardige produkte die land binnekom.

Die groter probleem is dat die onderdele nie net namaaksels is nie, maar ook verpak word asof dit oorspronklike onderdele van die vervaardigers is.

Nou word oorweging gegee aan die moontlikheid om spesifikasies op te stel, maar kenners meen dat dit ’n onmoontlike taak is, en die beheer en toetsing van produkte sal ’n tydrowende, en koste gewys, ’n nie-betalende funksie wees.

Kenners is van mening dat die oplossing is om slegs onderdele in die land toe te laat wat afkomstig is van die betrokke vervaardiger, word aanbeveel.

Met die hofsaak waarin BMW verloor het teen Grandmark International, wat motoronderdele versprei wat afkomstig is uit Taiwan, is die Suid-Afrikaanse motoris nou uitgelewer aan diegene wat namaaksels verkwansel.