ANC is onherstelbaar

In ’n TV program het  adv. Dali Mpofu gesê dat die ANC nie reggemaak kan word nie en daarom is hy nie meer een van daardie mense nie.

“Ek is nie meer een van daardie mense nie. Ek glo die ANC het ’n onherroeplike skuif na regs gemaak,” het Mpofu gesê.

Adv. Mpofu het die naweek aangekondig dat hy ná 33 jaar in die ANC, nou by Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) aansluit.

Hy sê die ANC het misluk met grondherverdeling en dié party kan ná 20 jaar nie veel wys wat gedoen is nie.

Hy sê ook dat die regering oor baie grond beskik en moes dit lankal aan die mense van die land terug gegee het om te bewoon en te bewerk.

Mpofu was hoof van die SAUK, maar is in 2009 geskors weens onregmatige kontrakte van meer as R300 miljoen, en het later ’n skeidingspakket gekry van meer as R12 miljoen.

Hy is tans aan die hoof van ’n ondersoekspan wat die Marikana slagoffers verteenwoordig.