ANC gevoelig vir kritiek

’n Skool in Natal, wat glo deur mense van dié provinsie as ’n skool met aansien beskou word, se leerlinge het ’n t-hemp ontwerp wat die ANC leiers met humoristiese afbeeldings kritiseer.

Die ontwerp is glo met ’n tikkie humor, en vertoon ’n afbeelding van die president, alhoewel dit nie as ’n meesterstuk beskou kan word nie.

Die ANC het in reaksie daarop gevra dat die skool onderwerp word aan ’n ondersoek en dat die “skuldiges” aan die man gebring word.

Die Westville Boys High School is nou, volgens menseregte aktiviste, deur die ANC geteiken en gaan waarskynlik getreiter word vir hulle optrede.

Volgens aktiviste is dit ’n uiters onaanvaarbare situasie dat ’n skool se leerlinge slagoffers word van ANC, wat die reg op ’n eie mening mag hè.

“T-hemde met slagspreuke wat die draak steek en sosiale kommentaar lewer oor die samelewing is uiters gewild en aanvaarbaar. In die geval was dit skoolkinders wat sosiale reaksie lewer vir ’n skool projek”, was die kommentaar van die skool se woordvoerder.