Altyd iets nuut uit Afrika

In die tyd van die Romynse Ryk was daar ‘n gesegde dat daar altyd iets nuut uit Afrika is.

Dit is weereens bewys toe ‘n vroulike lid van die Algemene Nasionale Kongres, Souad Soltan, by ‘n vergadering opgedaag het by die hoofkantoor van Tripoli se plaaslike raad.

Toe Soltan haar handsak deur ‘n deurligtingsmasjien sit, het die alarm afgegaan. Op ‘n vraag van die sekuriteitswagte wat sy in haar handsak het, het sy verklaar dat dit ‘n handgranaat is wat sy dra vir selfbeskerming.

Nadat sy haar handgranaat ingehandig het kon sy rustig deurgaan om haar vergadering by te woon.

Na afloop van die vergadering het Soltan haar handgranaat terug gevra.

Die wagte het geweier en sy kon eers haar grofgeskut terug kry nadat die kriminele ondersoek departement daar opgedaag het.