Al meer klagtes teen polisie

Wangedrag, onprofessionele optrede, swak taalgebruik, onvriendelik en soms ’n neiging om mense af te jak, is van die kleiner klagtes wat teen die Polisiediens (SAPD) in die algemeen gehoor word.

Die ernstige klagtes wat amptelik ingedien is, sluit in dat polisiebeamptes se vuurwapens onwettig afgevuur word, polisie wat skuldig is aan verkragtings, en dit gebeur soms onder polisie toesig.

Klagtes is ook aangeteken van korrupsie en ander vergrype.

Die inligting het bekend geraak uit die statistieke van die jaarlikse verslag soos gelewer deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod).

Opod se verslag dui ook daarop dat klagtes teen polisiebeamptes met bykans 40% toegeneem het in die afgelope jaar.

Sedert April vanjaar is 26 polisiebeamptes in die Vrystaat afbetaal weens hul betrokkenheid by misdaad.