Agt vermoor twee

Agt terroriste is in hegtenis geneem vir die moord op ’n bejaarde egpaar van Pinetown omgewing, in Natal.

Die agt verdagtes het glo verlede week die huis van mnr. John Morrison binnegedring en hom met ’n stuk draad verwurg.

Daarna het hulle mev. Noble, wat aan emfiseem ly, verwurg met die toestel waaraan sy gekoppel is, se pype.

Die twee mense se lewelose liggame is later deur bure in hul huis by Shongweni gevind.

Die bure het ’n geplunderde huis gevind, en ook vasgestel dat die egpaar se motor gesteel is.

Vier terroriste word aangekla van moord, en die ander vier vir die besit van gesteelde goeder.