Agliotti betrek by Krejcir

Die dwelmhandelaar, Glenn Agliotti, wat voorlopig in die Hooggeregshof in Pretoria gesekwestreer is en bekend is vir die omkopery van die sieklike oud-polisiehoof, Jackie Selebi, word ook in sekere transaksies aan Radovan Krejcir verbind. 

Krejcir se vrou se naam se naam het in sy sekwestrasiebevel opgeduik. 

Volgens stukke wat by die Hof ingedien is, is Katerina Krejcirova die eienaar en direkteur van Groep Twee Beleggings. Agliotti sê dat hy geld by Groep Twee Beleggings geleen het, maar dat dit ‘n gewone transaksie was en dat hy die geld plus rente terugbetaal het.

In ‘n vreemde verwikkeling is dat twee Valke gearresteer omdat hulle glo ‘n man van Katlehong ontvoer en na Krejcir vir "ondervraging" geneem het.

Daar is verder ook skynbaar spanning tussen lt.genl. Anwa Dramat, hoof van die Valke, en lt.genl. Vinesh Moonoo, die Polisie se Nasionale Speurhoof oor die besit van dosiere en hoe die ondersoek gedoen moet word.

Die taakspan het nie vir Krejcir gearresteer nie en wys nou vingers dat die span wat vir sy inhegtenisname verantwoordelik was, alles deurmekaar gemaak het.

Maar intussen is die ware aard en doel van Groep Twee nou onder die vergrootglas.

Dit het intussen ook aan die lig gekom dat kol. Francois Steyn, bevelvoerder van die eenheid teen georganiseerde misdaad in Germiston, ook ‘n paar jaar gelede geld by Groep Twee geleen het.

Die keerdatum vir Agliotti se sekwestrasiebevel is 10 Februarie volgende jaar.

Foto – Agliotti