Agang-leier kritiseer buitelandse beleid

Dr. Mamphela Ramphele het in ‘n toespraak vir die Kaapstadse Persklub gesê dis hoog tyd dat SA se buitelandse beleid gebruik word om die land se handelsbelange, inkomste en welvaart te bou.

Sy het ook gesê die land se buitelandse beleid moet groter respek en oorweging aan die Europese Unie (EU) gee.

Die EU is verantwoordelik vir 77% van regstreekse buitelandse beleggings in Suid-Afrika, en handel tussen Suid-Afrika en die EU het sedert 2004 met 128% toegeneem.

Daarom maak dit nie sin om die spanning tussen Suid-Afrika en die EU aan te wakker soos die regering tans doen nie.

Sy het gesê daar moet daarteen gewaak word om nie oordadige klem op die Brics-lande (Brasilië, Rusland,Indië en China) te plaas ten koste van ekonomies belangriker verhoudings met die EU en die VSA nie.