Afrika is korrup

In ’n navorsings ondersoek wat deur Afro-barometer gedoen is, en nou vrygestel is, word beweer dat daar op die Afrika kontinent 34 lande is waar een uit elke drie mense die afgelope jaar met omkoopgeld te doen gehad het.

In die ondersoek het dit ook na vore gekom dat meer as 50% van die mense in hierdie lande ontevrede is met hulle land se regering en dié se pogings om korrupsie in die land hok te slaan.

In Sierra Leone het sowat 63% of respondente gesê hulle word geforseer om omkoop praktyke toe te pas, anders kom hulle nêrens met mediese sorg nie.

Nigerië is egter die slegste met 82% ontevredenes oor die swak regeerders van die land en hulle onsuksesvolle optrede teen omkopery en korrupsie.

Die navorsers het meer as 51,000 respondente in die opname genader.