Aborsies hoogste vlak ooit

As ’n land soos Suid-Afrika, daagliks sowat 230 aborsies  uitvoer, dan is dit ’n siek en ’n vervalle gemeenskap.

Dit is die reaksie van ’n woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging na aanleiding van gegewens wat vrygestel is.

Dr. Aaron Motsoaledi, die Minister van Gesondheid, het inligting oor aborsies bekend gemaak.

Hy sê altesaam 82,920 aborsies is uitgevoer van April 2012 tot April 2013, waarvan bykans 22,000 in Sentraal Transvaal plaasgevind het.

In die Oos-Kaap is 14,357 aborsies uitgevoer.

Wat nie bekend is nie, is hoeveel onwettige aborsies plaasvind.

Foto – . Dr. Aaron Motsoaledi