Ek het in die vorige berig my mond lekker uitgespoel oor die TV wat ons volk se hart liederlik verlei het en ons in allerlei geestelike hoerery gedompel het.
Of u my nou gaan vergewe of nie, gaan ek nog ‘n heilige ou koei aan die spene beetkry vandag.
Nou praat ek van daardie heilige pienk koei wat op ‘n stadium ‘n blou bul was, en al die haaie en luiperds saam met hulle wat skares lok, wat hulself (weereens) voor die TV pleister op ‘n Saterdagmiddag om afgode te vereer.
Onthou nou maar dat ek besig is om te veralgemeen, maar ek moet ‘n punt bewys. In 19voertsek is ons volk uitverkoop aan vreemde oorheersing en vandag ly ons al vir amper 20 jaar ‘n lyding wat net erger en erger word so lank dit aanhou.
Ons roep tot God, maar skynbaar verander niks nie.
Nou steek ons hand in eie boesem en kyk wat dit is wat ons volk in ballingskap hou op grondgebied wat eens op ‘n tyd ons s’n was. Wat het gebeur in 19voertsek en hoe het FW dit reggekry om ons so te flous?
‘n Lekker rowwe en aggressiewe span-spel wat die manne van die muise skei.
Toe die buiteland nie hond haaraf kon maak met ekonomiese sanksies nie, het hulle hulself tot ons rugby-afgod gewend. Sportsanksies is ingestel wat ons verhoed het om aan die groot wêreld-kompetisies deel te neem.
Dit was vir ‘n paar ouens ongemaklik, maar dit het ons nie doodgemaak nie. …en toe kom die doodsteek!
Indien ons sou afsien van apartheid, sou ons weer toegelaat word tot die wêreld se sportarena. So. Ons moes kies.
Of ons gaan voort om ‘n afgesonderde volk onder die Enige God, Jesus Christus te wees, of ons sweer Hom af om die wêreld se handdruk van verwelkoming te wen.
Met baie stroopsoet woorde en leë beloftes het FW die alreeds sport-bedwelmde verstande van ons volk verder gedraai.
Hy kon dit ook regkry juis omdat ons rugby vir ons te belangrik geword het.
Ons het dus ons Rotsburg versaak en rugby gekies.
Die gevolg van ons eie keuse was… dit waarmee ons vandag opgeskeep sit.
Nou vra ek: Was die kool die sous werd? Die horlosie
Ons het hoop, want die ongeregtighede van die swart volke is besig om vol te raak, en wanneer dit vol is… dan… Dan sal God uit die hemel hoor hoe ons Hom aanroep weens die swaar verdrukking en dan sal God optree!
Kom ons hou net goeie moed.
Kom ons lê elke las van sonde af.
Kom ons gee God weer die ereplek in ons huise deur na aandete om die tafel te luister hoe die pa van die gesin uit die Bybel voorlees en sy familie onder gebed seën.
Kom ons draai terug na ons God.
Groete.
Sheugnet Jones
Niemand is blind as hy wat nie wil sien nie, of so doof soos hy wat nie wil hoor nie.
Goed gestel: indien ons nie eers deeglik in die spieel kyk en eerlik is oor waarom ons in 2013 vreemdelinge in ons eie land is nie, gaan weinig verander.
Waar is die sg volksleiers wanneer ons hierdie vrae al eerder aan die orde moes stel??
Daar is klaarblyklik baie ‘leiers’ met ‘oplossings’, maar weinig wat hul grondslag en oplossing deeglik plaas op verootmoediging, MAAR ook die staak van verkeerde dinge in ons volkshuishouding.
Gaan lees gerus die geskiedenis van Joshua en Rigters: so ernstig was die volk met hul ware godsdiens dat by een geleentheid burgeroorlog dreig waar afvalligheid net vermoed is, by die ander is ‘n stam uitgewis weens hulle onheil.
In Christelike terme moet ons onderskei tussen opregte (ofskoon steeds) sondige volksgenote en die wat die Christelike geloof versaak het. (Sien Nederlandse Geloofsbelydenis)
Verw: “Kom ons hou net goeie moed.
Kom ons lê elke las van sonde af.
Kom ons gee God weer die ereplek in ons huise deur na aandete om die tafel te luister hoe die pa van die gesin uit die Bybel voorlees en sy familie onder gebed seën.
Kom ons draai terug na ons God. ”
Goeiedag Boere,
Ja, ja, ja en Ja!, maak erns met elkeen van hierdie voorstelle, maar…. As ons steeds ons volksgeloftes bly versaak sal die strafgerig wat ons Vader oor ons hou, nie verwyder word nie.
Ja, verwyder die huisgode uit ons huise uit, maar as ons as volk nie vir HOM ‘n HUIS word nie, bly ons beker steeds leegloop as gevolg van die krake wat deur mammon, baal en talle ander huisgode steeds ons volkshuishouding vergiftig.
Boeregroete,
DuP
Ek dink nou aan die woorde “Bougerel jou swart hel” waarmee gespot is met ‘n swart Franse rygbyspeler in die jare toet. Politici het absurde sisteme uitgedink wat mense soos honde in die wereld laat lyk het. En dit het nou niks met pienk en rooi rose, gesiggies, makoue en eende op die plaas of renosters te doene nie. Is Afrikaners se grootste probleem nie dat hulle aan die neuse laat rondlei het nie soos gehoorsame papegaaie (ook in Broederbond NG Kerke) en te lui was om die eie vuil skoon te maak, nou sit ons geslag met die gebakte pere? Daar is nog mooi lywe en almal voel goed as daar strategies gehol of geskop kan word; so dis dalk nog moeiliker om onder die belt te manipuleer as bo die belt. Die sabbatskonsep van “Rus” (nie “rus” nie) het dalk lankal verlore gegaan wat baie denkfoute verklaar.