"Vrouens mag nie …."

‘n Google-soektog wat met die woorde "woman should" sal resultate lewer soos “hulle behoort nie te stem nie”, of “koppe te bedek nie” en “in die kerk te praat nie”.

Soek jy "woman need to" sal die volgende opduik: Vrouens moet stilbly, grootword en meer slaap.

Volgens Javu Baloyi, woordvoerder van die Kommissie vir Geslagsgelykheid is die soektogte seksisties van aard en ‘n bewys dat ons steeds in ‘n patriargale samelewing woon wat vroue verkleineer.

Baloyi het gesê stereotipering moet onmiddellik aangepak word omdat die tegnologiese era waarin ons leef die verkeerde boodskap oor geslag aan die toekomstige generasie kan oordra.

"Die manier waarop die samelewing die vroue sien, beïnvloed die manier waarop hulle hulself sien," sê hy.

“Die Negatiewe siening deur die samelewing kan vroue se selfbeeld aftakel. Dit kan die idee skep dat hulle nooit goed genoeg sal wees nie omdat hulle teen hul manlike eweknieë gemeet word."

Die laksman sê dat daar nou soveel gegorrel moet word, bloot net vir die werwing van die vrouestem in volgende jaar se algemene verkiesing, en is iets wat enige ware vrou met afsku vervul.