Zuma se regskoste uit belasting

Pres. Jacob Zuma se regskoste om te keer dat die sogenaamde  "spioenasie bandopnames" bekend gemaak word, het belastingbetalers reeds meer as R1,2 miljoen uit die sak gejaag.

Die vroeëre besluit deur die Nasionale Vervolgingsgesag om korrupsieklagte teen Zuma te laat vaar, was op dié klankopnames gegrond.

Die omvang van die regskoste blyk uit ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag deur Smuts Ngonyama.

Beide die Johannesburgse Hooggeregshof asook die Appélhof, het beslis dat die opnames oorhandig moet word, maar is weereens vertraag nadat Zuma daarteen geappelleer het.

Dit het ook aan die lig gekom dat Michael Hulley, Zuma se prokureur as sy buitengewone adviseur aangestel is – ook vir die rekening van die belastingbetaler