Zuma se blaps

Uit talle oorde, veral uit Malawi, is woede-aanvalle op Jacob Zuma uitgevoer omdat hy in ’n toespraak vernederend na Malawi se paaie en hulle denke verwys het.

Dit het uiteindelik daartoe gelei dat die presidensie, namens Zuma, moes verskoning aanbied vir sy dom uitlating.

Pres. Jacob Zuma het tydens ’n rede, verwys na die e-tol stelsel en toe gesê dat Suid-Afrikaners kan nie soos Afrikane oor dié stelsel dink nie.

“Ons is in Johannesburg, hierdie is Johannesburg. Dit is nie ’n hoofweg in Malawi nie,” het hy gesê.

Sapa het blykbaar berig dat Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, in ’n onderhoud op Power FM gesê: “Ek is jammer daaroor en trek dit terug.”

Dit blyk ook dat die ANC regime honderde oproepe van woedende Malawiërs ontvang het.