Wetenskaplike bewyse ontbreek

Daar bestaan géén wetenskaplike data wat daarop dui dat geneties gemanipuleerde voedsel veilig is nie.

Hierdie uitspraak is deur wetenskaplikes wat hulle verontwaardiging uitgespreek het teen Wêreldvoedselprys wat aan Monsanto en Syngenta gegee is.

‘n Persvrystelling wat deur meer as 90 vooraanstaande wetenskaplikes, akademici en fisici onderteken is, sê dis ‘n verkeerde aanname wat mense mislei en ‘n vals gevoel van sekurieit skep.

Dr. Angelika Hilbeck, voorsitter van die Europese Netwerk van Wetenskaplikes vir Sosiale en Omgewingsverantwoordelikheid (ENSSER) sê die bewese feit van die toksiese gevolge op laboratorium diere wat geneties gemanipuleerde voedsel gevoer is, die feit dat meer insekdoders gebruik word, pleks van minder en veral die skadelike invloed op ander organismes, word totaal geïgnoreer.

 Prof. C. Vyvyan Howard, ‘n toksiese-patoloog verbonde aan die Universiteit van Ulster sê: "Daar is substansiële bewyse dat hierdie voedsel toksies is en allergië veroorsaak. Dit word beweer dat miljoene Amerikaners dit sonder ernstige gevolge eet. Maar aangesien wetgewing in Amerika dit verhoed dat Monsanto en Syngenta se voedsel geëtiketteer word, is daar geen bewys dat die stygende getal van kroniese en dodelike siektes nié aan Monsanto en Syngenta se produkte gekoppel kan word nie. Gevolglik het hulle aanname nie ‘n voet om op te staan nie."

Prof. Brian Wynne, verbonde aan die Lancaster Universiteit, sê dit is onverantwoordelik vir enigiemand om te sê dat hierdie voedsel veilig is. Dit is belangrik dat sleutelvrae wat net eenvoudig geïgnoreer word, in ‘n ope debat beantwoord word. Die feit dat dit nie gedoen word nie, neem navorsingsfondse uit die hande van wetenskaplikes wat probioveiligheid is, ten gunste van kommersiële-wetenskaplik beskermde promosie van tegnologie.

Die prys vir Monsanto en Syngenta het wye kritiek uitgelok, gesien in die lig van die feit dat verskeie lande gemanipuleerde sade verbied het. Dit sluit in 9 lande in Europa en Meksiko, maar ook ontwikkelende lande soos Bangladesh, Phillipyne en Indië.