VSA se regering tot stilstand

Die dreigende botsing tussen die VSA se regerende Demokratiese en die Republikeinse partye het op Dinsdag, 1 Oktober 2013, plaasgevind met ‘n finale teenstand in die senaat.

Die Republikeine eis van die regering dat die onaanvaarbare hoë staatbesteding moet stop, beginnende by die uitstel van een jaar van die sosialistiese mediese plan, genoem “Obamacare”. Tensy die besteding stopgesit word weier die Republikeine om verdere fondse in die senaat goed te keur. Die land se grondwet bepaal dat staatskuld nie sekere vlakke mag oorskry sonder behoorlike goedkeuring nie.

Volgens die Withuis se perssekretaris hou die Republikeine met hulle “ideologiese eise” die land se burgers aan as “gyselaars” en sal president Obama dit nie aanvaar nie. Die Republikeine se senaatwoordvoerder, Ron Paul, beweer op sy beurt dat dit oor reg en verkeerd gaan. Hy sê dat die regering teen ‘n tempo van $30 000 per sekonde skuld maak om sy uitgawe oorskryding te finansier. Volgens hom beloop die land se skuld tans byna $17-triljoen en groei dit teen $1-triljoen per jaar, terwyl die regering weinig doen om die probleem op te los behalwe ontoereikende lapwerk.

Die stemming in die senaat oor die saak het soos volg verloop:

 

               Ja        Nee     Nie gestem nie 

Republikeine   221      9          2

Demokrate     7          190      3

Op Dinsdag is meer as 1-miljoen staatamptenare met onbetaalde verlof huis toe gestuur. Historiese terreine en parke is gesluit en toerisme het tot stilstand gekom. Lede van die weermag kan voorlopig nog hulle salarisse ontvang. As ‘n vergelyk nie binnekort bereik word nie sal verdere staatsontwrigting toeneem.