VSA regering steeds hangende

Die Verenigde State van Amerika se regering is op die derde dag steeds nie-funksioneel met ongeveer eenmiljoen staatsamptenare wat huis toe gestuur is met onbetaalde verlof omdat die regerende party nie fondse goedgekeur kan kry om hulle te betaal nie. Die Republikeine weier om goedkeuring te verleen dat die regering verdere skuld mag aangaan om sy uitgawes mee te betaal.

Die regerende Demokratiese Party en die Republikeinse Party slinger beskuldigings heen en weer oor wie se skuld dit is. President Obama noem dit kwaadwillige optrede van die Republikeine en die Republikeine beskuldig die Demokrate van onwilligheid om te onderhandel oor die voortdurende oorbestedings en duur sosiale mediese versorgingskema “Obamacare” wat Obama te alle koste wil deurvoer .

Die Republikeine in die Huis van Verteenwoordigers het Vrydagmiddag (4 Oktober 2013) ‘n spesiale verklaring oor die nuutste situasie uitgereik. Die Republikeine se Speaker van die “Huis”, John Boehner, het gesê dat hy die vorige dag by die Withuis was en moes luister hoe president Obama twintig keer aan hom verduidelik het waarom hy nie na die Republikeine sal luister nie. Boehner het voortgegaan en gesê dat hy vanoggend in die Wall Street Journal moes lees dat Obama gesê het dat dit nie saak maak hoe lank die regering lamgelê sal word nie, want hy is besig om te wen. John Boehner het hierop in sy verklaring gesê: “This is not some damn game”.

Ander Republikeinse woordvoerders wat tydens die nuusvrystelling gepraat het, het almal daarop gewys dat hulle bereid is dat daar individueel oor befondsing van die onderskeie staatdepartemente ooreengekom kan word, maar dat die Demokrate sê dat hulle reeds genoeg besparingstoegewings gemaak het en nie bereid is vir enige verdere onderhandelings nie.

Die VSA se senaat het twee huise en die een wat die verklaring uitgereik het word deur hulle “the House” genoem. “The House” is die liggaam, wat in terme van Artikel 1 van hulle Grondwet, federale wette wat van krag is op die hele VSA, deurstuur vir finale goedkeuring deur die senaat en wat daarna deur die president aanvaar moet word.