Vrou van magnaat oorlede

Bridget Oppenheimer, weduwee van Harry Oppenheimer, die mynmagnaat van weleer, is in die ouderdom van 92 jaar oorlede.

Wyle Harry was vir sowat 40 jaar die grootste nyweraar van die land, maar het later sy grootste aandeel in die mynboubedryf verkoop

Sy vrou het bekendheid verwerf vir haar perdestoetery wat sy opgebou het oor jare.

Harry Oppenheimer is in 200 oorlede.

Die egpaar word oorleef deur hulle kinders, Mary Slack en Nicky Oppenheimer, voormalige voorsitter van De Beers.